top of page

Fasiliteite & Pryse

Onthale / Konferensies



Hierdie pragtige, landelike grasdak-onthaalplek is 'n lushof met groot, groen grasperke, omring deur loofryke bome en ander plantegroei.  Dit is die ideale plek vir 'n tuintroue, maar ons het ook 'n stylvolle, dog knus, onthaalsaal, met net soveel sjarme, wat tot 130 gaste kan akkommodeer.  Ons venue leen hom eweneens tot formele of informele dekor, volgens jou smaak en voorkeure - veelsydigheid en aanpasbaarheid is ons trots.



Diamantvallei se kapel met sy grasdak, houtbanke en-pilare laat gaste heerlik ontspan terwyl hulle 'n uitsig het tot ver oor die vallei met sy groen bome, grasvelde en beeste wat rustig wei.  Daarby het ons ook 'n natuurlike woud waar seremonies ook kan plaasvind onder stil bome en voëlgesang.

Kinders is baie welkom – ons pas graag aan by die behoefte van ons kliënte.

Gastehuis

Bed en Ontbyt-akkommodasie is beskikbaar vir huweliksgaste of enige ander besoekers aan die area, wat graag naby aan die stad, maar tog nog in 'n landelike omgewing wil oorbly.  Daar is ses dubbelkamers wat geskik is vir die doel

Onthale

Huur van fasiliteite (kapel, onthaalsaal, tuin, kombuis, personeel, ens.)  'n Danssaal en kontantkroeg is beskikbaar indien verkies (ingesluit in prys).

Standaard-voorbeelde van spyskaarte word by die aanvanklike kwotasie aangeheg, maar word uitgewerk volgens die kliënt se  voorkeure: enige kombinasie van geregte of spesiale versoeke word gunstig oorweeg.

Vir spyseniering en bediening kan slegs van ons personeel gebruik gemaak word.  U kan u eie dekorpersone (bv. blomme) en platejoggie, ens. voorsien of ons dienste gebruik, soos benodig.​

 

Spyskaarte

per persoon

R180.00 - R320.00

Saterdag / Vrydag

en openbare vakansiedae

R5500.00

Maandag tot Donderdag

indien nie vakansiedag nie

R3500.00

Please reload

Akkommodasie

Bed en Ontbyt:

  • Ses dubbelbed kamers (ekstra enkelbed kan bygevoeg word in sekere kamers teen ekstra koste)​

  • Bruidskamer / Luukse kamer

Selfsorg:

  • ​Robyn Kothuis

Konferensies

Skakel ons asb. met inligting oor al u benodigdhede vir 'n kwotasie.  Fasiliteite word na behoefte ingerig.

 

Etes en/of versnaperinge kan bedien word

Kontantkroeg is beskikbaar op aanvraag

 

bottom of page