top of page

Ligging

Diamantvallei is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met  Witbank maklik bereikbaar.  

Roete-aanwysings

​

​​Koördinate: 

28º  31'  35.97"  Oos 25º  48'  58.66"  Suid



Vanaf Pretoria



(1)   N4 oos (rigting Witbank) draai regs oor die snelweg by die Kempton Park / Cullinan / Rayton afrit (tolhek - R515, rigting Kempton Park), nà ongeveer 3km, draai links by groen Diamantvallei-bord op 'n grondpad, volg die groen Diamantvallei-borde. Neem asb. kennis: daar is 'n ander venue op dieselfde pad.

     of

(2)   Lynnwood-Oos, draai links op die Boschkop-pad, gaan voort tot by 'n T-aansluiting, draai daar links en volg die pad na Rayton vir ongeveer 5km, draai regs in by die pad wat aandui Diamond Hill (ons buur-venue) Volg die groen Diamantvallei-borde van daar af. Neem asb. kennis: dit is ook die pad na die buur-venue


Vanaf Johannesburg



(1)   N1 noord na Pretoria, draai regs op die N4 oos, rigting Witbank, gaan voort soos beskryf vanaf Pretoria.

     of

(2)   R21 noord (Kempton Park na Pretoria), draai regs by die Bapsfontein/Bronkhorstspruit afrit, draai regs by die T-aansluiting in Bapsfontein,  draai links by die vierrigtingstop-kruising rigting Bronkhorstspruit, draai links nà die brug, rigting Cullinan(ongeveer10km), net verby die  Donkerhoek-pad op links, draai regs by die laning dennebome op 'n grondpad, 
volg die groen Diamantvallei-borde.  Neem asb. kennis: daar is 'n ander venue op dieselfde pad.

Vanaf Witbank



N4 wes, rigting Pretoria, eerste afrit na groot tolhek (Kempton Park / Cullinan / Rayton), draai links, R515, rigting Kempton Park, na ongeveer 2km, draai links by die groen Diamantvallei-bord op 'n grondpad, volg die groen Diamantvallei-borde.  Neem asb. kennis: daar is 'n ander venue op dieselfde pad.

bottom of page